Local newsStreeknuus

Kruise vir slagoffers van plaasmoorde geplant

So ook was oor die afgelope paar jaar vele kruise vir slagoffers vanuit die Bapsfontein, Delmas, Eloff, Sundra, Bronkhorstspruit en omliggende areas opgerig.

Die Witkruis Monument se doel is om kruise te plant ter nagedagtenis aan mense wat weens plaasmoorde in Suid-Afrika gesterf het.

Hierdie wit kruise word jaarliks aan die voet van die Ysterberg naby Polokwane geplant.

Daar is op Saterdag, 3 September weer 32 kruise vir die slagoffers van plaasmoorde opgerig.

Tydens ’n emosionele seremonie is kruise aan familie en kennisse oorhandig waarna dit teen die Ysterberg opgedra is en dan met die klank van hamer en klinkende metaal in die grond geplant is.

Teen die Ysterberg staan daar nou tans 2 575 kruise.

By die monument is daar vanjaar ook ’n beeld onthul van ’n man en sy kaalvoet, swanger vrou wat agter hom skuil.

’n Kruis vir plaaslike slagoffer van ’n plaasmoord, Gustav Rappard, staan gereed om opgerig te word.

Die beeld is deur die bekende beeldhouer, Jaco van Niekerk ontwerp en gemaak en beeld ’n boer wat sy vrou beskerm, uit.

Die vrou het nie skoene aan nie en dit simboliseer die vrou wat kaalvoet oor die berge gestap het.

Daar is vanjaar ook ’n kruis opgerig ter nagedagtenis van Delmas se mees onlangse slagoffer, Gustav Rappard (76) wie se liggaam op Sondag, 20 Maart in ’n skuur op sy plaas, sowat 10km buite Delmas op die R548 Devon-pad, gevind is.

So ook was oor die afgelope paar jaar vele kruise vir slagoffers vanuit die Bapsfontein, Delmas, Eloff, Sundra, Bronkhorstspruit en omliggende gebiede opgerig.

Kruise, gereed om opgerig te word, word teen die Ysterberg uitgedra.

Soos ook in verskeie uitgawes van Streeknuus berig is, is die mees onlangse herinneringe aan inwoners wat hul lewens aan die hande van plaasmoordenaars in eie bodem verloor het, dié van Chantel Kershaw (44) wat gedurende 2020 op haar ma se kleinhoewe op Rietkol vermoor is.

Nog ’n kruis by die Witkruis Monument wat getuig van ’n moord op ’n plaaslike inwoner, is dié van Albert Küsel (63) wat ook in 2020 op sy kleinhoewe op Sundra vermoor is.

Die kruis van Bertus Steenkamp (70), wie se verwurgde en vasgebinde liggaam langs ’n voertuig buite sy plaaswoning in die Kendal-omgewing gevind staan teen die helling van die Ysterberg.

Aan die stuur van die Witkruis Monument staan oud-Eloff-inwoner, Lita Cross Fourie.

Dié beeld van ’n plaasboer en sy vrou is vanjaar by die Witkruis Monument onthul.

Sy is die dogter van John (78) en Bina (76) Cross wat op 16 April 2000 op hul plaas in die Gravelotte-omgewing in Limpopo gemartel en daarna doodgeskiet is.

Fourie is ook landwyd bekend vir haar emosionele bystand aan die families van plaasmoordslagoffers.

“Daar is so baie mense om te bedank, te veel om iemand spesifiek uit te sonder, elkeen wat bygestaan het om die perseel skoon te maak, die geroeste kruise oor te verf en die nuwe kruise te maak, die sprekers op die dag en die mense wat van sover as Kimberley en Upington gery het vir die plant van vanjaar se kruise, dankie aan elkeen,” het Fourie gesê.

Fourie is teleurgesteld oor die swak opkoms vanjaar.

“Dit is asof die mense opgegee het, nie meer belangstel nie, plaasmoorde het skynbaar ’n alledaagse verskynsel geword.”

Die Witkruis Monument aan die voet van die Ysterberg.

Related Articles

 
Back to top button