Local newsNewsNews

Solidariteit steun vreedsame protes teen plaasmoorde en geweld

Solidariteit het in 'n mediaverklaring gesê dat die organisasie AfriForum se vreedsame protes teen plaasmoorde en geweld steun wat Vrydag in Senekal plaasvind. Die protesaksie val saam met die tweede verskyning van die beskuldigdes in die Brendin Horner-moordsaak.

“Ons staan aan die kant van die boerderygemeenskap en is saam met hulle woedend oor die sinnelose en brutale aanvalle en moorde. Ons staan aan die kant van elke man, vrou, kind, plaaswerker en gemeenskap wat deur elke aanval en moord geraak word. Ons staan aan die kant van voedselsekerheid wat elkeen van ons raak.

Ons mag nie toelaat dat plaasmoorde genormaliseer word nie. Ons moet aanhou om nee te sê. Sterk, maar gedissiplineerde protes is nodig. Die boodskap en beelde wat Vrydag in die wêreld ingestuur moet word, is ’n boodskap van ’n gemeenskap wat in krag en selfbeheersing saamstaan. Ons mag nie toelaat dat enige radikale randfigure dié gebeure kaap nie,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit gesê.

Solidariteit doen ’n oproep op die gemeenskap om saam met ander belangegroepe AfriForum se protesaksie te steun.

 
Back to top button