NASIONALE NUUS EN VIDEO - Duisende mense aan die Wes-Rand het vroeg Maandagoggend standpunt teen plaasmoorde ingeneem. Hulle het hul stemme by dié van Suid-Afrikaners landswyd gevoeg deur die Swart Maandag-veldtog te steun.
Daar was die afgelope week ‘n vlaag plaasaanvalle regoor die land.
Die plaaslike gemeenskap het besluit dis tyd vir aksie en het omstreeks 05:00 by Uncle Harry’s in Randfontein en by die Finsbury-kruising byeen gekom en van daar af in ‘n konvooi via die Paardekraal-monument tot by die Pinehaven-kruising en terug ry.
Die byeenkoms is begin met skriflesing en gebed waartydens daar vir Suid-Afrika en veral die landbougemeenskap gebid is.
Kyk 'n video hieronder.