On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Stop plaasmoorde, eis Noordwes-inwoners

───   LUCKY NKUYANE 14:11 Tue, 10 Oct 2023

Stop plaasmoorde, eis Noordwes-inwoners | News Article
Inwoners het na die Brits-polisiestasie opgeruk om antwoorde oor plaasmoorde te eis. Foto verskaf

“Hou op om mense in diens te neem wat ons nie kan opspoor nie.”

Gefrustreerde inwoners van Brits in Noordwes doen ’n beroep op Bheki Cele, minister van polisie, om in te gryp teen plaasmoorde in dié gebied.

Talle inwoners het Dinsdag (10/10) na die Brits-polisiekantoor opgeruk om antwoorde te eis en ook ’n memorandum van eise in te dien.

Van April tot Junie 2023 is 14 mense op plase vermoor. Die optog is gelei deur die Brits Veeboerevereniging, wat 'n beroep op Cele en die polisie doen om hul polisiëringsfokus en hulpbronne na plaasmoorde te verskuif. 

Hulle het aan Cele gesê hulle is bereid om saam met die polisie te werk om plaasaanvalle te bekamp. Daar word in sommige gevalle beweer dat buitelanders betrokke is by plaasmoorde oor die provinsie heen.

Talle inwoners van Brits het na die plaaslike polisiekantoor opgeruk. Foto verskaf

In sy antwoord aan inwoners het Cele diegene wat buite die Brits-polisiekantoor saamgedrom het, aangesê om op te hou om mense sonder behoorlike Suid-Afrikaanse dokumente in diens te neem.

“Hou op om mense in diens te neem wat ons nie kan opspoor nie, Suid-Afrikaners is opspoorbaar omdat ons vingerafdrukke het, omdat ons DNS het. Ons het geen DNS vir onwettige buitelandse burgers nie; ons het geen vingerafdrukke vir hulle nie.
So wanneer hulle 'n misdaad pleeg, word dit baie moeilik om hulle op te spoor. Werk dus saam met ons.”  


Cele is van die provinsiale polisiekommissaris en die bestuur van die Brits-polisiëringsgebied vergesel.

OFM Nuus het vroeër berig oor verskeie plaasmoorde in die provinsie. Die Nasionale Landelike Veiligheidstrategie (NRSS) by landelike polisiekantore gaan voort om landelike veiligheid aan te pak as ’n geïntegreerde daaglikse polisiëringsbenadering deur ’n multidissiplinêre benadering tussen die polisie en alle betrokke belanghebbendes om die veiligheid en sekuriteit te verseker van alle persone wat op plase woon en werk. 

Die Nasionale Landelike Veiligheidstrategie wat in plek is, beklemtoon onder meer die betrokkenheid van gemeenskapstrukture – soos die GPF – by die polisie vir beter resultate en die deel van hulpbronne, veral aangesien baie plattelandse kantore met personeel- en hulpbronuitdagings te doen het, het Cele bygevoeg.

OFM Nuus/Lucky Nkuyane

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.